Gelowig en groen

“U het hom net ’n bietjie minder as ’n hemelwese gemaak en hom met eer en aansien gekroon,” lui Psalm 8:6.

As ons die tweede deel van dié sin beklemtoon ten koste van die eerste, verloor ons die perspektief dat die mens deel is van die skepping, “minder as ’n hemelse wese”. Dons Kritzinger skryf ons leef nie óp nie, maar ín die aarde – as sulks onlosmaaklik lotsverbonde met ons planeet-moeder.

Só beskou, bring dit ’n heel nuwe prentjie na vore: wat ons aan die aarde doen, doen ons aan onsself, hetsy ons dit bewaar, verwaarloos of selfs uitbuit. Vervreemding van die skepping en onverskilligheid in ons verhouding met haar, bring noodwendig pynlike konsekwensies: vervreemding van onsself – “loss of soul” (Ian McCallum) en “rusteloosheid” (Ernst Conradie).

Gelukkig, koestering en waardering bevorder ons eie welsyn. Wat ’n voorreg – en verantwoordelikheid teenoor die komende geslagte.