Radiokansel

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Werksgeleentheid: Fondswerwing

Sluitingsdatum: 15 Junie 2017.

Radiokansel is op soek na energieke fondswerwers in Gauteng (Oosrand en Noordwes-areas) om in diens te neem.

Ideale kandidate sal Christene wees, oor eie vervoer beskik, die kapasiteit hê om van die huis af te werk en volkome tweetalig wees (Engels en Afrikaans).

Sleutel verantwoordelikhede sluit in:

  • Area-spesifieke skenkernavorsing en ontwikkeling van fondsinsamelingsplanne.
  • Aanvanklike en opvolg kontak en die deurlopende bou van verhoudings met ondersteuners. Ontwikkeling van ’n databasis van maandelikse donateurs.
  • Bemarking aan kerke en ander relevante organisasies.
  • Die handhawing van akkurate, opgedateerde rekords en verslae.
  • Op hoogte bly van die stasie se programme.
  • Werwing van borge vir die radiostasie.
  • Bereiking van fondsinsamelingsdoelwitte.
  • Christelike aansoekers wat aan die volgende kriteria voldoen, word aangemoedig om aansoek te doen:
  • Matriek as minimum kwalifikasie.
  • Ten minste twee jaar ervaring in fondswerwing.
  • Vlotheid in Engels en Afrikaans (gesproke en geskrewe).
  • Rekenaarvaardigheid (MS Office).
  • Bestuurslisensie en eie vervoer.
  • BELANGRIK: Aangesien dit ’n posisie is wat tuis gebaseer is, moet kandidate toegang tot hulle eie rekenaarfasiliteite met e-pos en internettoegang hê.
  • Vergoeding: Kommissie gedrewe

E-pos asb jou CV na fundraisers@radiopulpit.co.za

Sluitingsdatum vir aansoeke: 15 Junie 2017.