VAKATURE: Twee jaar Kontrakpos
Opsie van nog 1 jaar met wedersydse goedkeuring
SLUITINGSDATUM: 11 Augustus 2017
GEMEENTEPROFIEL:
Die NG Gemeente Cedarville-Matatiele is suid-oos van Lesotho naby die skilderagtige suidelike Drakensberge geleë, 70 km vanaf Kokstad. Dit is ’n landbou- en dorp omgewing. Sowat 120 belydende lidmate en 25 dooplidmate is deel van die gemeente.
LERAARSPROFIEL:
Gelegitimeerde emeritus leraar van die NG Kerk.
Aangesien die gemeente oor twee / drie jaar weer ’n voltydse leraar wil beroep, word van die kanditaat verwag om die gemeente te begelei tot ’n volhoubare toekomsbediening.
VERGOEDING:
Salaris gelykstaande aan kerf 1 sonder medies en pensioen.
HUISVESTING: Gratis gemeubileerde huisvesting word op Matatiele verskaf.
Die gemeente beskik oor ’n gemeentevoertuig vir amptelike gebruik.
BESKIKBAARSTELLING:
Emeritus leraars wat in die pos belangstel, word versoek om die volgende aan die kerkraad voor te lê: ’n Tersaaklike CV, en kontakbesonderhede van 2 referente. Onderhoude mag met kandidate gevoer word, asook ’n preekbeurt.
POSADRES: Pre-Advies, e-pos: ngkerk@mtnloaded.co.za
NAVRAE: Voorsitter van die Kerkraad: Oudl Arno Smith, 083 278 8157
Admin en Finansies: Oudl Hendrik Botha, 083 305 4726 of 087 151 1809
SLUITINGSDATUM: 11 Augustus 2017
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak uit leraars wat hulle op bogenoemde wyse beskikbaar stel nie.