Vakature by die NG Kerk
Algemene Sinode
Posisie: Boekhouer
ALGEMENE SINODALE KANTOOR, HATFIELD, PRETORIA
Sluitingsdatum: 25 Augustus 2017
Minimum kwalifikasies (essensieel): Matriek.
Kwalifikasies (aanbeveel): Toepaslike Tersiêre kwalifikasie
(Bv Diploma in Boekhouding, Toepaslike Tersiêre kwalifikasie).
Minimum toepaslike ondervinding (jare):
• Ten minste 10 jaar toepaslike ervaring van boekhouding tot op proefbalansvlak.
• Ten minste vyf jaar ervaring in die NG Kerk-omgewing sal ’n sterk aanbeveling wees.
Verantwoordelikheid:
• Insleutel van transaksies op beide Pastel Partner en Sage ERP 300
• Rekonsiliasies
• Voorbereiding van boeke tot op proefbalansvlak
• Bystand met opstel van finansiële state
• Bystand met opstel van begroting
• Kontrolering van begroting
• Bystand tydens oudit
• Hantering van debiteure en krediteure
• Voorbereiding, opstel en verkryging van goedkeuring van betalings
• Byhou van bateregister
• Toepaslike finansiële administrasie
Rekenaargeletterdheid (essensieel):
• Pastel Partner en Sage ERP 300 of verwante rekeningkundige sagteware
• Kennis van MS Office
* MS Excel (Intermediêr)
* MS Word (Basies)
* MS PowerPoint (Basies)
* MS Outlook
• Internetgebruik en ’n werkbare kennis van die instandhouding van ’n databasis.
• Aanvaarbare tikspoed en vlak van korrektheid.
Taalvaardighede: Afrikaans en Engels (Lees, praat en skryf).
Vereiste vaardighede:
• Baie goeie syfervaardighede.
• Besondere akkuraatheid in uitvoering van pligte.
• Moet in staat wees om eie werk te beplan, organiseer en te implementeer.
• Gemaklik te kommunikeer binne spanverband, na buite en op senior- en professionele vlak.
• Goeie organisasievaardighede.
Ander posvereistes
• Verkieslik ervaring in die NG Kerkverband.
• Verkieslik lidmaat van die NG Kerk.
• Bestuurderslisensie.
Aansoeke
Volledige CV’s kan gestuur word aan: Sophia de Kock sophiadk@ngkerk.org.za
Navrae kan gerig word aan: Pieter van Rooyen pieter@clshr.co.za
Sluitingsdatum vir aansoeke: 25 Augustus 2017.