Vakature: Medeleraar – (Twee jaar-kontrakpos)
Sluitingsdatum: Donderdag, 14 Desember 2017.
In biddende afhanklikheid van die Here wag ons vir aansoeke in die bogenoemde pos.
GEMEENTEPROFIEL:
Queenstown is ’n plattelandse gemeente in die Oos-Kaap. Die gemeente het nagenoeg 634 belydende en 167 dooplidmate. Die gemeente strewe daarna om ’n vernuwende, geloofwaardige en beginselvaste geloofsgemeenskap te wees. Daar is baie goeie skole in die omgewing. Ons het ’n bedieningstelsel van omgeewyke.
Demografie van gemeente: 44% onder ouderdom 45. Die gemeente streef daarna om die visie “God roep almal om sy liefde te wees” op alle terreine uit te leef.
TAAKOMSKRYWING / PROFIEL:
Moet ’n passie hê vir alle ouderdomme, maar veral jeug, jongwerkendes en jong gesinne.
’n Dinamiese en vernuwende bediening- en preekstyl hê.
Iemand wat innoverende visie kan gee aan bedieningstrukture.
Iemand met ’n sterk roepingsbewussyn.
Spanspeler wat ingestel is om verhoudings te bou.
VERGOEDING:
’n Allesinsluitende pakket van R300 000 pj (TKVI) word aangebied. Die pakket kan belastingvoordelig gestruktureer word en sluit alle toelaes bv behuising- en motortoelae in.
AANSOEKE:
Verskaf ’n verkorte CV met volledige kontakbesonderhede en drie referente. Heg ook ’n persoonlikheidsontleding aan (indien u daaroor beskik).
Geskikte kandidate moet beskikbaar wees vir preekbeurte.
SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: Donderdag, 14 Desember 2017.
NAVRAE:
Voorsitter Kerkraad: Kiewiet Fourie – 082 447 5549
Na ure: Muller du Preez – 082 567 6096
Kerkkantoor, tel: 045 838 1891 of 045 838 2380
Posadres: Robinsonweg 38, Queenstown 5319
E-pos: kantoorngk@gmail.com
Die kerkraad behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie.