Randpoort vier eeufees

Ds Edwin van Wyk van die NG gemeente Randpoort skryf:

Die gemeente Randpoort het op 23 April 1918 vanaf Krugersdorp Moedergemeente afgestig.

Die NG gemeente Randpoort wil alle oudlidmate uitnooi om van 20 tot 23 April saam fees te vier en God te dank vir ’n eeu van genade en Sy voorsienigheid. Die gemeente is baie opgewonde en kan nie wag om u te ontvang en bederf nie!

Die feesnaweek behels ’n skaap-spitbraai, ’n ete en vertoning deur Jak de Priester, asook ’n fees- en ’n nagmaalsdiens.

Vir meer inligting kontak die Kerkkantoor: 011 692 2171 of sel: 082 632 2315, of e-pos: kantoor@randpoort.ng.org.za