Doen sendingwerk met ’n ‘6-pack’

Ons het so gewoond ge­raak om geld vir Bybel­ver­spreiding te gee. Wan­neer laas het jy self ’n Bybel vir mense ge­gee?”

Aan die woord is ds Stephan Spies wat sedert 2010 die besturende di­rek­teur en stigterslid van Christian Media Publishing (CMP) is. CMP se primêre fo­kus is om Bybels vir alle ouderdomme te publiseer, wat nasionaal en internasio­naal versprei word.

Plaaslik het CMP besef hoe groot die behoefte aan Bybels in verskeie tale is. Hul­le het onlangs die projek “6-pack Bibles for Jesus” geloods omdat daar miljoene bui­telandse Christene in Suid-Afri­ka werksaam is, sê Stephan. Die vraag is: “Waar kry dié mense Bybels in hulle taal te koop?”

Stephan verduidelik: “Ons het begin om baie bekostigbare, maar goeie leesbare kwa­liteit Bybels te publiseer wat Christene direk kan koop en self kan uitdeel. Die ‘6-pack Bibles for Jesus’-stra­tegie verwys na die drinkgoed wat ons gewoonlik koop, soos koeldrank en bier. Ons vra vir Christene: Oorweeg dit om nie net geld vir Bybels te gee nie, maar koop ‘’n 6-pack’-Bybels en deel dit self in jou dorp uit aan per­so­ne met wie jy in aanraking kom tydens jou daaglikse aktiwiteite. Die pryse is die goedkoopste in die mark.”

Navorsing toon buitelanders se taalbehoeftes is uiters divers. Mariette du Toit, CMP se bemarkingsbestuurder, sê hulle het onlangs ’n skenking ontvang wat hulle in staat gestel het om vir buitelandse studente in Stellenbosch Bybels in Engels, Sho­na,  Mandaryns en Arabies te gee.

In Durban het ’n soortgelyke projek op groter skaal reeds 6 000 Malawiërs be­dien. “’n Paar vroue van Durban het onlangs fondsinsamelings gehou en genoeg geld in­gesamel om 6 000 van die nuwe Chichewa-Bybels vir Christene in Malawi te gee,” sê Mariette.

CMP het Bybels in buitelandse tale soos Chichewa, Ndebele, Shona, Frans, Spaans, Russies en Portugees beskikbaar.

– Besoek christianmediapublishing.com vir meer inligting.

  • CMP skenk Bybels sodat gemeentes of individue dadelik met dié sendingwerk kan begin. Twee mense/gemeentes kan ’n Bybel-6-pack in Engels ontvang, twee mense/gemeentes kan drie Shona-By­bels (Zimbabwe) ontvang en twee men­se/gemeentes kan drie Chichewa-Bybels (Malawi) ontvang om uit te deel. Stuur jou naam, adres en telefoonnommer aan kbwedstryd@tydskrifte.co.za en merk die onderwerplyn in die taal van die Bybel wat jy verkies. Sluitingsdatum: 20 Mei 2018.