Geloof, liefde en andersheid

Ds Gerrit Engelbrecht van die Strand, skryf:

Ek lees n skokkende aanhaling van n NG Kerkleier dat dit gay lidmate vrystaan om hulle by enige Christelike kerk wat die Bybel “soos hulle” interpreteer, aan te sluit of selfs hulle eie kerk te begin.

Ek glo dit is fopnuus; as dit waar is, weet ek die NG Kerk-leierskap sal so n uitspraak repudieer.

Dit laat n mens dink aan die totale gebrek aan gasvryheid van die mense van Sodom. Die in diepte-stu­die van die Skrif die afgelope jare oor homoseksualiteit en die aard van die kerk, die globale konsensus hieroor in die wetenskap, die getuienisse van talle gay gelowi­ges wat “van Bo gebore” is, word alles net so geïgnoreer.

Dit stel ’n legitieme, Skrifgetroue alternatief tot die tradisionele oortuigings in verband met homoseksualiteit. Een van die redes kan dalk wees dat daar te veel kerkleiers is wat die hele saak van gelowige gays in selfdegeslagverhoudings net op n afstand dophou.

Ek self sukkel om ’n afstand te hou as gevolg van die wese van die evangelie, die totale genoegsaamheid van Christus, die aard van geloof, die kerk as n herskepte mensheid. Die kerk moet voor loop in die stryd teen onreg, en het die plig om mee te werk aan ’n stabiele morele basis vir gelowiges in selfdegeslagverhoudings.

As daar soms eierdanse rondom Christelike liefde gemaak word, wonder ek of dit nie maar die kernpro­bleem is nie. So byvoorbeeld maak dit vir my op geen manier sin uit om te wil sê dat liefde nie die sentrale boodskap van die Bybel is nie. Dis reg, maar hoekom sou n mens enigsins so n stelling wil maak? Dit is presies dieselfde as om te sê om suurstof te hê is nie die sentrale doel van my lewe nie. Dis reg, maar sonder suurstof kan niks gebeur nie. God se liefde wat ons verstand te bowe gaan, is die suurstof wat ons almal laat leef.