NG Gemeente Blouwaterbaai

Vakature: Brugpredikant
Sluitingsdatum: 30 Mei 2018.

Die NG Gemeente Blouwaterbaai Familiekerk in Port Elizabeth het ’n vakature vir n brugpredikant. Diensaanvaarding is so gou as moontlik onderhandelbaar.

Die persoon moet ’n gelegitimeerde van die NG Kerk wees, oor ’n fasiliterende leierskapstyl beskik en ’n uitmuntende luisteraar wees. Die brugpredikant neem verantwoordelikheid vir die bediening in die gemeente, vanuit die perspektief van die brugfunksie.

Formele opleiding as brugpredikant, asook ervaring in hierdie rol, sal ’n sterk aanbeveling wees.

Stuur u (kort) CV aan blouwater@ngkok.co.za met ’n dekbrief waarin u aandui waarom u aansoek doen en waarom u meen dat u hierdie rol suksesvol sal kan uitvoer.

Vergoeding is onderhandelbaar.

Navrae: Ds Rudi van Tonder, dsrudivt@gmail.com (konsulent).

Sluitingsdatum: 30 Mei 2018.