Vakature: Jeugpredikant
Sluitingsdatum: 4 Januarie 2019.
Gemeenteprofiel:
Stellenberg-gemeente is ’n makrogemeente in die noordelike voorstede van Kaapstad en bestaan uit 4 106 belydende en 1 345 dooplidmate. Die gemeente se droom is: “Om uit te reik oor alle grense” wat deur die volgende waardes uitgeleef word: Nader aan God, nader aan mekaar, maak ’n verskil in die wêreld en vernuwe voortdurend. Die jeugbediening se visie is dat “elkeen Jesus sal ken en saam ’n verskil sal maak”. Meer inligting is op aanvraag beskikbaar.
Pligte:
Die jeugpredikant is oorhoofs verantwoordelik vir alle aktiwiteite vir die jeug, studente en jongwerkendes. Dit sluit onder meer kategese, jeugdienste, musiekbediening, kampe, jeuguitreike, jeugpastoraat, jeugprojekte en verwante pligte in.
Vereiste:
- Gelegitimeerde predikant van die NG-/VG-Kerk/NG Kerkfamilie.
Vergoeding:
- Salaris volgens die sinodale skaal vir predikante.
Aansoeke:
Die volgende dokumente moet per e-pos aan Fritz Brand, fritz@stellenberg.co.za, gestuur word:
- ’n CV met drie verwysings.
- ’n Voltooide vraelys.
Hierdie vraelys is aanlyn by http://www.stellenberg.co.za/wp-content/uploads/2018/11/Bekendstellingsvraelys-21-November-2018-Konsep.docx beskikbaar.
Sluitingsdatum: 4 Januarie 2019.
Diensaanvaarding: 1 April 2019.
Navrae:
Fritz Brand, Bestuurder: Administrasie, fritz@stellenberg.co.za of 021 976 4519 of 082 780 8685.