Droogte én danksegging

CALVINIA. Om presies 06:30 op die eerste dag van 2019 het ’n groepie gelowiges op ’n plaas sowat 40 km buite Calvinia in die Noord-Kaap saamgetrek vir veldkerk. Hierdie tradisie is 121 jaar oud, vertel Adriaan van Wyk, die boer op wie se plaas die byeenkoms gehou word en waar ’n eenvoudige witgekalkte kansel in die Karooveld leegstaan vir elk van die jaar se ander 355 dae. Hier is dankbaarheid volop ondanks skaars reën. Die doel van die diens? “Ons is net ’n klomp gelowige boere wat die Here baie nodig het,” het Van Wyk gesê.