Môrester: Verligting oor kinders

Die hoof uitvoerende beampte van Christelike Maatskaplike Dienste (CMD) in Kwazulu-Natal, het die jongste uitspraak oor drie van hulle kinderhuise verwelkom.

Die beslissing, wat op 25 Maart in die hooggeregshof in Pietermaritzburg gemaak is, bepaal dat die kinders, wat in Februarie uit hulle kinderhuise verwyder is, vir die volgende drie maande steeds daar kan aanbly.

“As die hof bekommerd was oor die veiligheid en welstand van die kinders in ons sentrums, sou die tydelike hofbevel nie gehandhaaf geword het nie,” sê Botha.

Dit kom nadat die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling versoek het die kinders weer verwyder sal word terwyl die ondersoek afgehandel word.

Kerkbode het vroeër berig dat die sowat 200 kinders op 15 en 16 Februarie deur die Departement van Maatskaplike ontwikkeling verwyder is.

Die hof het die saak uitgestel na ʼn latere datum om beide partye kans te gee om beëdigde verklarings in te dien rakende die bewerings van rassisme en mishandeling, luidens ʼn persverklaring van CMD in Kwazulu-Natal.