---

14 Desember 2018

---

Hoofartikel

Kersfees

Binnekort vier ons Kersfees. Ons vier dit dat God so lief is vir die wêreld – Vir die Jode en die Palestyne, die Argentyne en Filippyne, die Khoi en die San, die Vendas, Tswanas, Damaras, Afri­kaners, Zoeloes, Owambo’s, Xhosas, Shonas, Swazi’s en Himbas; Vir onderwysers en verpleegsters, bakkers, bodes, boere, ingenieurs, werkloses, joernaliste, bankbestuurders, taxi­bestuurders, parlementslede, studente, program­meer­ders, bedelaars, maatskaplike … Lees verder

---

Nuus

’n Legomuur van liefde

– Conette le Roux

As jy ’n rukkie gelede ’n draai by die NG gemeente Wilgespruit in Roodepoort gemaak het, sou ’n kleurvolle muur van legoblokke jou begroet het. Dié muur, wat voor die verhoog van die kerksaal gebou is en daarom lyk asof die verhoog op lego staan, is aanvanklik tydens die kinderweek in die wintervakansie gebou, sê ds Braam Smith, leraar van … Lees verder

NG Kerk word lid van Church Unity Commission

NG Kerk word lid van Church Unity Commission

Die NG Kerk het op 9 November 2018 volle lid van die Church Unity Commission (CUC) geword. Dit is ’n Suider-Afrikaanse groep van Engelstalige hoofstroomkerke en twee swart kerke wat in 1968 ge­stig is om saam te soek na onderlinge eenheid. Hulle het in 1970 ’n verklaring van voorneme opgestel wat deur die lidkerke onderskryf is. Daarin onderneem hulle om … Lees verder

---
Die aardse Jesus nooi mense om Hom te volg

Die aardse Jesus nooi mense om Hom te volg

– Neels Jackson

Dr Willem Nicol se jongste boek – Genooi om te volg – gaan oor Jesus van Nasaret. Dit het pas by Bybel-Media verskyn. Neels Jackson het met hom daaroor gesels. Ons diepste verlange is na kontak met God. Soms beleef ’n mens iets daarvan in die groots­heid van die natuur, in die weerkaatsings van God wat ons in sy skepping … Lees verder

---

Gedagtes oor kerkwees

Wie ore het om te hoor

– Nelis Janse van Rensburg

Mark Zuckerberg se Facebook, Google se YouTube, Steve Jobs se iPhone en Jan Koum se WhatsApp het die wêreld van gister in die niet laat verdwyn. In een oomblik kan jy nou jouself laat hoor reg oor die wêreld. En met een beweging van jou wysvinger kan jy kies om te hoor wat ander sê. En die generasie wat in … Lees verder

---

Rubriek: Gestuur

’n Baie gestuurde Kersfees

’n Baie gestuurde Kersfees

– Lourens Bosman

Adventstyd is hier. Ek lees in koerante dat dit maar ’n treurige Kersseisoen gaan wees want mense het minder geld om te spandeer. Dit is nogal ’n skrikwekkende gedagte: Die sukses van Kersfees hang af van of jy genoeg geld het om te spandeer. Ek hoop nie dit is waar nie, al is dit te verstane. Vir baie mense is … Lees verder

---

Rubriek: Terug na die toekoms

‘Ons wou bloed keer …’

– Johan Van der Merwe

“Ons wou bloed keer” en “Ek het my vin­ger op die sneller gehad.” Dit is die woorde van onderskeidelik ds Freek Swa­nepoel, ’n vorige moderator van die NG Kerk, en genl Constand Viljoen, voormalige hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag. Die spanning in hierdie stelling is ’n aanduiding van hoe naby Suid-Afrika in 1994 aan die rand van ’n burgeroorlog was. Lees verder

---

Media

Wanneer jou wortels ontwortel word

–  Arnau van Wyngaard

Ons het Elsa Joubert se Ons wag op die kaptein in my matriekjaar as ’n voor­geskrewe boek gehad. Toe Joubert se Swerfjare van Poppie Nongena in 1978 verskyn, het ek hom aangekoop (vir ’n volle R7,95!). As teologiese student, wat die opstande van 1976 op ’n baie persoonlike vlak ervaar het toe ons destyds verbied is om die swart woongebied, Mamelodi, binne te gaan waar ons voorheen sendingwerk gedoen het, was hierdie boek aangrypend. Lees verder

---