NG Gemeente Impalapark

Musiekbegeleier
Sluitingsdatum: 31 Mei 2019.

Vir ’n kreatiewe persoon wat goed saam met mense kan werk in ’n gemeente wat verskillende musiekstyle gebruik. Die persoon moet saam werk met die gevestigde sanggroep van die gemeente.

Daar word van die musiekleier verwag om deel te neem aan die erediens beplanning sowel as die voorstel van gepaste musiek vir die erediens en ander spesiale sangdienste.

Die musiekleier moet bereid wees om die Liedboek, Flam– en VONKK-liedere in die erediens te inkorporeer en sal verantwoordelik wees vir die aanleer van nuwe liedere.

E-pos jou cv na: ngip@absamail.co.za

Sluitingsdatum: 31 Mei 2019.