Fietsryers trap vir bewusmaking van Bybelverspreiding in Afrika

Op Sondag 6 September het ds Willem Pretorius van NG Proteapark in Rustenburg saam met fietsryers van die gemeente en plaaslike fietsryklub ’n sirkelroete van 70 km gery vir die bewusmaking van Bybelverspreiding in Afrika deur Bibles for Africa. Heelwat donasies vir hierdie goeie werk is ook reeds ingesamel.

Bibles for Africa se fabriek en pak­huis is in Rustenburg. Hulle druk, bind en versprei Bybels in veral vlugtelings­kampe soos Kakuma in die noordweste van Kenia en Bidi Bidi in die noordweste van Uganda. Hulle fokus ook op die verspreiding van Bybels in die suide van Soedan.

Gedurende die grendelstaat het hulle 90 000 Bybels in verskillende tale gedruk en gebind en hulle begin hierdie week met 40 000 Franse Bybels vir vlug­telingskampe in Zambië. Hulle het die regte vir die druk en verspreiding van Bybels in meer as 800 verskillende tale.

“Baie dankie vir elke persoon wat saam met ons getrap het, asook inge­skakel het op die regstreekse uitsen­dings deur die oggend. Ons is gemaak om spore te los en ’n verskil te maak, en ek glo dit is wat ons vandag gedoen het,” vertel Pretorius.