NG Gemeente Wakkerstroom

Gebruik jy die Kerkbode app?
Indien wel, kan jy 'n kennisgewing ontvang wanneer 'n nuwe vakature beskikbaar word. Gaan na "verstellings" en aktiveer kennisgewings vir vakatures.
Beskikbaar vir Android en Apple.

Vakature: Leraar
Sluitingsdatum: 30 Oktober 2020


Wakkerstroom is ’n plattelandse dorpie in Mpumalanga, sowat 320 km vanaf Pretoria. Dit is ’n landbou streek met hoofsaaklik veeboerderye. Die dorp se behoud is grootliks te danke aan toeriste wat getrek word deur die vleilande en voëllewe, en mense wat hier kom aftree in die pragtige, veilige dorp. Hier is ’n aftree-oord en dokter in Wakkerstroom. Die gemeente is gestig in 1861 en het ’n ryk geskiedenis.

Gemeenteprofiel:

Die gemeente se lidmaattal bly stabiel in die omgewing van 250 waarvan 40 dooplidmate is, en die grootste deel is seniorburgers. Die sandsteengebou is in 1891 gebou. Ons het ’n sterk barmhartigheidsgrondslag en sien onsself as ’n omgeefami­lie in Christus. Die naaste skole, winkels en hospitaal is in Volksrust, sowat 30 km vanaf Wakkerstroom.

Leraarsprofiel:

  • ’n Gelegitimeerde in die NG Kerk.
  • Duidelike roeping om hier diensbaar te wees.
  • Op platteland te kan aanpas.
  • Goeie interpersoonlike verhoudings met die boeregemeenskap.
  • Gemaklik te wees met huisbesoek en persoonlike bediening met veral bejaardes.

Vergoeding:

  • Onderhandelbaar.
  • Pastorie beskikbaar.

Aansoeke:

Sluit asseblief CV in met minstens drie verwysings en kontaknommers
Aansoeke per e-pos aan: admin@wakkerstroomngk.org.za
Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n moontlike onderhoud en preekbeurt.

Sluitingsdatum: 30 Oktober 2020 en diensaanvaarding onderhandelbaar.

Navrae:

  • François du Plessis (hoofouderling) 083 660 5734.
  • Johan Uys (finansiële voorsitter) 082 725 4862.
  • Corneels Greyling (voorsitter van die kerkraad) 082 773 2310.

Die kerkraad behou hom die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.