Skryf vir jouself R1 000 los met Kerkbode se skryfkompetisie

Ons soek jou mees oorspronklike gedagtes en beste skryfwerk vir ons skryfkompetisie wat die beste lesersbydraes met ’n kontantprys en publikasie in Kerkbode beloon.

Deelnemers kan in een of meer van drie kompetisiekategorieë inskryf:

  • 2020: Insigte uit ’n annus horribilis.
  • Hoe lyk ’n inklusiewe kerk?
  • Só lei die Bybel my besluitneming in my alledaagse lewe.

Hoe skryf ek in? Besoek www.kerkbode.co.za en volg die eenvoudige instruksies.

Waarna is ons op soek? Kerkbode-stories is vanjaar altesaam meer as 800 000 keer gelees, volgens Google Analytics, wat dié goed tel. En wanneer ’n mens kyk na watter soort stories in Kerkbode gelees word, besef jy gou daar is een gemene deler: Lesers hou van helder, goedge­skre­­we stories en briewe. So dit is presies wat ons beoordelaars van jou vra. Toeganklik én insiggewend. Sowat 800 woor­­de wat die leser verras, vermaak en inlig.

Wanneer kry ek my prysgeld? Drie wen­inskrywings sal op www.kerkbode.co.za en in hierdie blaaie gepubliseer word en die wenskrywers sal betyds ingelig word dat hulle hulle stories via sosiale media kan deel met soveel moontlik lesers.

Sluitingsdatum vir inskrywings: 23 Oktober 2020.