Ramaphosa: Entstof is hier, maar SA steeds op Vlak 3

Jongste nuus oor Covid-19. – Pres. Cyril Ramaphosa het Suid-Afrikaners op 1 Februarie tydens ’n regstreekse uitsending ingelig dat die eerste besending entstowwe vroeër dieselfde dag in Suid-Afrika aangekom het. Die entstof sal nie verpligtend wees nie, het Ramaphosa gesê, maar verduidelik dat die doelwit bevolkingsimmuniteit (of kudde-immuniteit) is. Laasgenoemde sal na raming bereik word wanneer sowat 40 miljoen mense uit die bevolking nie meer vatbaar vir infeksie deur Covid-19 is nie.

Die aankondiging dat sekere saamtrekke, waaronder kerkdienste, mag hervat, sal deur vele in die geloofsgemeenskap verwelkom word. Die bywoningsperke is 50 mense; en 100 mense vir buitemuurse godsdienstige saaamtrekke.