Palmsondag by Laaiplek kry ongewone ‘gas’

Palmsondag was ’n belewenis vir elkeen wat die diens by Laaiplek-gemeente bygewoon het. ’n Spesiale diens is gehou en baie moeite is gedoen om die boodskap ’n werklikheid te maak. Die kerk se ingang was bedek met palmtakke, ’n donkie het die erediens bygewoon en ds Charl van Rensburg het die rol van Jakob vertolk om te vertel hoe hy die donkie met Jesus op die rug na Jerusalem gelei het.

“Die donkie Vyetjie het vir ons kom kuier om vir ons die boodskap te verryk. Die teks was uit Lukas 19 en Jakob het die storie vir ons kom vertel.”

Klik hier vir meer foto’s van die spesiale diens. BRON: Foto’s en teks VrydagNuus

Word 'n vriend van Kerkbode