Klein venstertjies op God

Hierdie is 'n opiniestuk.
Die skrywer se standpunte weerspieël nie noodwendig dié van Kerkbode nie.

Selfs vir sondaars

Die grondpad hierbo vat jou na die Malutiberge buite Clarens.

Die Spreukedigter praat van ’n pad wat na die dood lei (Spr 5:5; 7:27) en ’n pad wat na die lewe lei (Spr 6:23; 10:27). Deur van die verbode vrugte te eet, het die mens die pad van die dood gekies. Dit was nie God se keuse nie en Hy het dit nie daar gelaat nie.

Nog van dié fotorubriek

In sy “liefde en trou” (Ps 25:6) het God vir ons die pad na die lewe deur Jesus Christus se kruisiging en opstanding oopgestoot (Joh 14:6). Die Gees begelei ons op dié pad en maak van ons gewillige en vreugdevolle reisigers. In sy genade het die Here ons ook die Wet en Woord as padkaart gegee. Daarom dat die psalmis dankbaar juig: “Die Here is goed en regverdig: Hy wys selfs vir sondaars die pad aan, Hy laat aan hulpeloses reg geskied en Hy leer hulle sy pad” (Ps 25:8-9).

Word 'n vriend van Kerkbode