Kyk Sondag regstreeks: Andrew Murray-prysfonds

Op Sondag 5 Desember om 10:30 saai kykNET (kanaal 144) die pryse-partytjie uit van die Andrew Murray-prysfonds.

Kykers sal van 2020 en 2021 se wenners ontmoet en:

  • Die bekende akteur Hykie Berg praat oor dwelmverslawing.
  • Piet Meiring van die destydse Waarheids-en-versoeningskommissie praat oor versoening.
  • Ernst Conradie, skrywer van boeke oor omgewingsbewaring, gesels oor aardverwarming.
  • Ivor Swartz, wenner van die Desmond Tutu-Gerrit Brandprys vir debuutwerk, vertel van sy ellendige grootwordjare in Grabouw se omgewing.
  • Wyle Annalise Wiid, aan wie ’n spesiale toekenning kort voor haar dood gemaak is, sing nog ‘n keer. So ook Jan de Wet, vanjaar se wenner van die Andrew Murray-FAK-toekenning. Roucher du Toit en Zorada Themmingh, ook vorige wenners, bespeel die orrel.

Die program word ook om 12:00 op kykNET Nou! (kanaal 146) herhaal en ’n aanlyn weergawe sal ook van 6 Desember hier op Kerkbode se webblad beskikbaar wees.

  • Die Andrew Murray-prysfonds, wat pryse toeken vir Christelike en teologiese media in amptelike tale van Suid-Afrika, bestaan al langer as veertig jaar. Dit het algaande  prestige-pryse geword en die koppeling van Andrew Murray en Desmond Tutu se name aan een van die pryse, is ook ‘n teken van versoening – en van God se sin vir humor, soos emeritus-aartsbiskop Tutu daarna verwys.
Word 'n vriend van Kerkbode