Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

Kersfonds: Só help jou bydrae BM om jonges te inspireer


Kerkbode span weer vanjaar kragte saam met Bybel-Media (BM) se fondswerwingspan om seker te maak dat lesers en gemeentes se bydraes aan die Kerkbode-Kersfonds trefseker aangewend word om minderbevoorregte kinders te help.

Hannelie Matthee, Hoof: Finansies en donateur-skakelpersoon by Bybel-Media, vertel meer oor hoe jou donasie die KinderKersKous-projek versterk. “Saam met opvoedkundiges het ons ’n bekostigbare reeks volkleurvouboeke ontwikkel waarin ons Bybelstories met ’n wetenskaplike leesreeks kombineer. Dit is ’n opwindende manier om goedkoper boekies beskikbaar te stel en meer kinders te kan bereik,” volgens Matthee.

Let asseblief op die korrekte bankbesonderhede (dit het verander).
Maak ’n donasie by:
Bybel-Media
ABSA
Tjekrekeningnommer: 405 118 1699
Takkode: 632 005
Verwysing: U e-posadres

Saam met opvoedkundiges het ons ’n bekostigbare reeks volkleurvouboeke ontwikkel, volgens Hannelie Matthee, finansiële bestuurder en donateur-skakelpersoon by Bybel-Media.

“Die huidige reeks bestaan uit 12 stories oor karakters uit die Ou Testament. Jou bydrae kan ons help om ook ’n reeks oor karakters uit die Nuwe Testament te ontwikkel,” volgens Matthee. “Bybel-Media is deurlopend besig om Bybelse produkte en kursusse te ontwikkel wat gemeentes, skole en huisgesinne kan gebruik om kinders meer te vertel van Jesus. Jou bydrae help met die ontwikkeling en verspreiding van hierdie produkte. Ons wil al ons nuwe Bybelprodukte vir kinders beskikbaar stel aan alle kinders in Suid-Afrika – kinders wat nog nooit van Jesus gehoor het nie, sowel as kinders wat in gelowige huise grootword.”

  • Lees HIER meer oor Bybel-Media se bedrywighede.
  • Bybel-Media is Kerkbode se uitgewer.

 


Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.