Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Die kerkraad wag in afhanklikheid aansoeke in vir die onderstaande pos.
VAKATURE: LERAARSPOS
Sluitingsdatum: 2 Desember 2022.
Dienstermyn: Voltydse leraar – Kontrak vir drie jaar – Hersienbaar.
Gemeenteprofiel: Fraserburg is ’n klein plattelandse Karoogemeenskap met ongeveer 240 lidmate. Die gemeente bestaan al van 1851 af en was deur die jare kenmerkend getuienisgeoriënteerd. Hier is baie senior lidmate, maar ook ’n sterk groep volwasse jong lidmate wat vernuwend inwerk op die gemeente.
Leraarsprofiel: Ons verlang na ’n meelewende geestelike leier wat met Artikel 9 as riglyn die gemeente kan opbou met die hulp van die Here om meer en meer sy roeping plaaslik en na buite uit te leef. Kleingroepbediening, huisbesoek en pastorale versorging moet voorrang geniet.
Pligte:
• Soos omskrywe in Artikel 9 van die Kerkorde.
Vergoeding en voordele:
• Sinodale skaal as riglyn, sonder reiskoste. Gemeentevoertuig vir amptelike werk word voorsien.
• Pastorie met drie slaapkamers en gastesuite, munisipale dienste, internet word voorsien.
Aansoek: Stuur ’n verkorte roepingsverhaal, gawes en persoonlike besonderhede van twee bladsye aan: ngkfraserburg@breede.co.za
In u CV moet die kontakbesonderhede van drie referente wees.
U en u gade moet asb beskikbaar wees vir ’n onderhoud en moontlike preekbeurt.
Sluitingsdatum: 18 November 2022.
Diensaanvaarding: 1 Februarie 2023.
Navrae:
• Mariet van Wyk by 023 741 1028 of 083 556 9398 (skriba).
• Pieter le Roux by 023 741 8855 (na ure) of 082 390 6699 (hoofouderling).
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.