Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

Amptelike Nuus 28 Oktober 2022


BEROEP
Ds Quintin Nel van Heidelberg (Wes-Kaap) na Burgersdorp; ds HJ (Heinrich) Stapelberg van Florauna na Overkruin; ds AL (Riaan) Steyn van Rustenburg-Suid na Hartebeestfontein.

AANVAAR
Ds Tertius Lamprecht van Bethlehem-Efrata na Riversdal-Wes.

WES-KAAPLAND

EMERITAAT
Ds Petrus Johannes (Petrie) de Villiers emeriteer op 31 Oktober 2022. Die Ring van Somerset-Wes het dienooreenkomstig ’n akte van emeritaat aan hom uitgereik wat geldig is vanaf 1 November 2022. (Andre Westraat, Ringskriba, 26.10.2022).

Ds GJ (Deon) Beyers van Riversdal-Wes ontvang sy demissie by emeritaat op Sondag 4 Desember. (Fransé Cronje, kantoorbestuurder, 26.10.2022).

BEVESTIGING
Ds Tertius Lamprecht van Bethlehem-Efrata het die beroep aanvaar na Riversdal-Wes. Sy bevestiging is op Saterdag 21 Januarie 2023 om 18:30 en sy intreepreek is op Sondag 22 Januarie 2023 om 09:30. (Fransé Cronje, kantoorbestuurder, 26.10.2022).

OOS-KAAPLAND

BEROEP
Ds Quintin Nel van Heidelberg (Wes-Kaap) is beroep na Burgersdorp. (Ansa Brittz, Saakgelastigde, 26.10.2022).

GOUDLAND

EMERITAAT

Ds Frikkie Viljoen van Hartebeestfontein het op 30 September 2022 geëmeriteer. (Daleen Stephens, Skriba, 25.10.2022).

BEROEP
Ds Riaan Steyn van Rustenburg-Suid is beroep na Hartebeestfontein. (Daleen Stephens, Skriba, 25.10.2022).

NOORDELIKE

BEROEP
Ds Heinrich Stapelberg van Florauna is beroep na Overkruin as medeleraar. (Naomi Bekker-Kapp, Skriba, 26.10.2022).


Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.