Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Vastetermyn leraarspos
Ons hoop dat die vakature jou OOG sal vang, “sien”de dat Kuruman die OOG gemeente op soek is na ’n nuwe dominee. Ons groet ons huidige dominee van 13 jaar, met ’n traan in die OOG en is dus op die uit”kyk” na iemand wat by ons kan kom bly, hier in Kuruman, saam met ons kan leef en vir ons voltyds kan bedien met die Woord.
Kuruman, wat omring is met plase en myne is ’n unieke dorp van oud en jonk, en jou eerste tree om deel te word van die Kalahari. Hier is ons net gewone mense (500 belydende en 164 dooplidmate) met ’n liefde vir die Here Jesus. Ons staan almal saam as die myne se komoditeitspryse wipplank ry, ons kuier graag om braaivleisvure en bid saam wanneer brande ons plase wil skade aandoen so ook vir elke druppel reën wat daarna weer val.
Indien Die Oog Gemeente met jou hart praat en jy voldoen aan die vereistes van die Kerkorde Artikel 9, stuur asb jou CV vir ons teen 21 November 2022 na ngoog@telkomsa.net.
Behuisingsopsies is beskikbaar as deel van die vergoedingspakket wat gebaseer sal wees op die raamwerk van die sinodale skaal.
Enige navrae kan gerig word aan:
Johan Liebenberg – 083 676 1630 (Voorsitter van die kerkraad)
Ds Dirkie van Heerden – 082 823 7529 (Konsulent)