● Hierdie kennisgewings is op 11 November 2022 opgedateer.
● Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za
BEROEP
Ds FF (Derick) Boonzaaier van Ottery na Lourensrivier-Strand; ds PF (Francois) Maritz van Hayfields na Wellington; ds TM (Tielman) Roux van Hendrina na Pretoria-Faerie Glen.
AANVAAR
Ds HHS (Mias) Nortier van Despatch-Eendrag na Jacobsdal; ds PJG (Jaco) van Niekerk van Ermelo na Malelane.
WES-KAAPLAND
BEROEP
Ds FF (Derick) Boonzaaier van Ottery is beroep na Lourensrivier-Strand. (Andre Westraat, Ringskriba: Ring van Somerset Wes, 08.11.2022).
Ds PF (Francois) Maritz van Hayfields, Pietermaritzburg is beroep na Wellington as voltydse leraar met fokus op jeug, jong volwassenes en studente. (Suzanne Brand, Administrasie, 09.11.2022).
VRYSTAAT
BEVESTIGING
Ds HHS (Mias) Nortier van Despatch-Eendrag het die beroep as voltydse leraar na NG Kerk Jacobsdal aanvaar. Sy bevestiging het plaasgevind op 6 November 2022. Ds Ampie Swanevelder het die bevestiging waargeneem. (Sonja van Niekerk, 09.11.2022).
OOSTELIKE
BEROEP
Ds TM (Tielman) Roux van Hendrina is beroep na Pretoria-Faerie Glen. (Suzette Lategan, Gemeentekoördineerder, 08.11.2022).
AANVAAR
Ds PJG (Jaco) van Niekerk van NG Moedergemeente Ermelo het die beroep na NG Kerk Malelane aanvaar. (Anánja Steenkamp, Saakgelastigde, 11.11.2022).