Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
DEELTYDSE LERAARSPOS (ONBEPAALDE TERMYN)
Die NG Gemeente Sydenham in Port Elizabeth (Gqeberha) nooi biddend gelegitimeerdes van die NG Kerk uit om aansoek te doen vir ’n deeltydse pos
(onbepaalde termyn).
Gemeenteprofiel
Sydenham bestaan uit 165 belydende en 27 dooplidmate. Ons koester ons onderlinge verhoudinge en ondersteuning en bied ’n tuiste vir oud en jonk. Ons ontvang graag nuwelinge. Al die mense van ons buurt is vir ons belangrik. Die omgewing bestaan uit verskillende woonbuurte met diverse inwoners, waar huise, studentehuise, woonstelle, skole, besighede en nywerhede mekaar afwissel.
Leraarsprofiel
• ’n Mense-mens wat die waardes van respek, deernis, openheid en luister beoefen.
• ’n Warm mens wat diversiteit koester en alle ouderdomsgroepe prakties betrek.
• ’n Spanspeler wat alle mense se gawes en potensiaal kan raaksien en hulle help om dit te ontwikkel.
• ’n Planmaker met inisiatief en praktiese kreatiwiteit, wat ons klein gemeente kan bege lei om volhoubaar en missionaal binne die gemeenskap te funksioneer.
• ’n Dienaar wat ons gemeente kan begelei om ons gemeenskap getrou en volhoubaar te dien, ook saam met ander kerke en instansies, soos skole.
’n Vollediger beskrywing is beskikbaar by www.ngkok.co.za/s/ad.pdf.
Vergoedingspakket: R15 000,00 per maand (TKVI) vir 20 ure per week.
Aansoeke:
Aansoeke bestaan uit ’n dekbrief en ’n kort CV. Vertel ons in die dekbrief iets meer oor jou lewensreis, jou roepingsverhaal, jou bedieningservaring, wat jou energeer, areas waar jy nog moet groei, en hoe jy konflik hanteer. Vertel ook hoekom jy spesifiek by ons gemeente wil bedien en hoe jy voorsien dat jy ’n bediening in óns gemeente en óns buurt sou inrig.
Meld ook enige ander saak wat jy onder ons aandag wil bring.
Aansoekers moet beskikbaar wees vir evaluering.
E-pos jou aansoek aan: sydaansoek@ngkok.co.za
Sluitingsdatum: Vrydag 27 Januarie 2023
Diensaanvaarding: Onderhandelbaar, verkieslik teen 1 Februarie 2023.
Navrae:
Danie Mouton – 082 923 4168 (Begeleier).
Anton van Jaarsveld – 083 299 0208 (Konsulent).
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
Die sluitingsdatum in hierdie vakature is ná publikasie aangepas. – Red