Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2023

Meer as 70 mense is dood in ’n verwoestende brand wat vroeg vanoggend uitgebreek het in hierdie vyfverdiepinggebou (agter die brandweerwa) in Johannesburg se middestad. Foto: SA Government op Twitter

Elders gelees: ‘Groot tragedie’ – President Cyril Ramaphosa oor verwoestende Joburg-brand


President Cyril Ramaphosa sê die verwoestende brand, wat vroeg Donderdagoggend die lewe van meer as 70 mense geëis het in ’n vyfverdiepinggebou in Johannesburg se middestad, is ’n “groot tragedie”.

Dit is luidens ’n onlangse mediaverklaring wat die regering uitgereik het. Daarin word ondermeer genoem dat die dodetal om 08:30 die oggend op 73 gestaan het.

Talle meer is beseer en gehospitaliseer.

Geborg

Die gebeure het wye nuusdekking gehad, plaaslik sowel as internasionaal is daaroor berig.

Plaaslik het ook prof Thuli Madonsela het op sosiale media haar meegevoel uitgespreek met die families van mense wat in die brand omgekom het of daarin beseer is.

Ramaphosa het die gebou in Marshalltown in die middag besoek. 

“Dit is ‘n groot tragedie wat deur die families gevoel word wie se geliefdes in hierdie aaklige manier gesterf het, en ons harte gaan uit na elke persoon wat deur hierdie gebeure geraak word,” sê Ramaphosa in die verklaring.

Lees die verklaring HIER soos uitgereik.

  • Bronne: Verklaring deur Suid-Afrikaanse regering, Netwerk24, SABC News, Twitter

Scroll to Top

Ondersteun Kerkbode se joernalistieke projek

Ons redaksionele invalshoek is “Meer lig as hitte”. Ons hou jou op hoogte van kerknuus en bied ’n platform vir verhelderende lesersdeelname.
Teken in op ons weeklikse elektroniese nuusbrief of ondersteun ons werk vir so min as R20 per maand