Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2023

Elders gelees: NG streeksinodes wil slagoffers van brande help


Noordelike sinode se direkteur, ds Paul Grobler, vertel Kerkbode hulle moderatuur (dagbestuur) het Donderdagmiddag besluit om ’n rampfonds te begin na hulle die skade gesien het wat veldbrande vroeër hierdie week in dele van die Vrystaat en Noordwes aangerig het asook die verwoestende brand in ’n vervalle gebou in Johannesburg se middestad waarin 74 mense, waarvan 12 kinders, dood is.

Lees ook: Elders gelees: ‘Groot tragedie’ – President Cyril Ramaphosa oor verwoestende Joburg-brand

Grobler verduidelik hulle sinodehuis beplan om in oorleg te werk met die streeksinodes waarin die rampgebiede val, soos onder meer Vrystaat wat reeds ’n Hoopfonds begin het.

Geborg

Ds De la Harpe le Roux het vroeër die week op NG Kerk Vrystaat se webblad en sosiale media mense aangemoedig om hom te kontak indien hulle hulp nodig het na veldbrande tot onder meer veeverliese gelei het. 

Vrystaat se sinode het ’n Hoopfonds wat boere help met finansiële bydraes vir brandstof om geskenkte veevoer aan te ry.

Le Roux is op 1 Maart aangestel as die uitvoerende hoof van dié streeksinode se Diens van Barmhartigheid. Lees meer oor die Hoopfonds asook sy visie rondom rampfondse en hulpverlening in Vrypos-uitgawe 14

Die bankbesonderhede van Noordelike sinode se rampfonds is in Verskil-uitgawe 28.

  • NEEM KENNIS: Noordelike sinode se rampfonds is by NEDBANK nie ABSA nie soos aangedui in Verskil-uitgawe 28. 
  • Bronne: Verskil en Vrypos
  • Het jy nuus? Kontak ons gerus per Whatsapp by 072 149 1969 of e-pos: kerkbode@tydskrifte.co.za.

Scroll to Top

Ondersteun Kerkbode se joernalistieke projek

Ons redaksionele invalshoek is “Meer lig as hitte”. Ons hou jou op hoogte van kerknuus en bied ’n platform vir verhelderende lesersdeelname.
Teken in op ons weeklikse elektroniese nuusbrief of ondersteun ons werk vir so min as R20 per maand