Professor Thuli Madonsela, voormalige Openbare Beskermer en die huidige direkteur van die leerstoel vir sosiale geregtigheid aan die Universiteit Stellenbosch het van 19-20 Augustus die eerste been van ’n 300 km roete op die Pelgrimstog van Hoop gestap.
Sy het vanaf Stellenbosch tot by die klein dorpie Pniël gestap. Kaapkerk berig op 1 September dat Madonsela op hierdie staproete vergesel is deur ’n groep studente, entrepreneurs, oudonderwysers en inwoners.
Lees ook wat het die nuusblad Daily Maverick oor hierdie eerste been van die fondsinsameling berig.
In ’n video-insetsel by hierdie berig sê Madonsela ondermeer oor die Pelgrimstog van Hoop sy het die staproete gekies want “the Pilgrimage of Hope is about healing our nation and visiting lots of communities and spreading friendships … So Pilgrimage of Hope is also an opportunity to heal ourselves…”
Die doel met die staptog is om R3 miljoen se fondse in te samel ten bate van die universiteit se Action4Inclusion-veldtog om studente met studieskuld te help.
Die Afrikaanse reisjoernalis en skrywer, Erns Grundling, ook bekend vir die kykNET-reeks Elders, stap ook saam.
Hierdie artikel is ’n mediavrystelling of storie wat aan Kerkbode gestuur is. Dit is geredigeer vir lengte, maar basies gepubliseer soos dit ontvang is. Sien bronverwysing onderaan die artikel.
- Bronne: KaapKerk; Daily Maverick
- Het jy nuus? Kontak ons gerus per Whatsapp by 072 149 1969 of e-pos: kerkbode@tydskrifte.co.za.