Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2023

Elders gelees: Nog ’n NG streeksinode wil boere help na Vrystaat-brande


Eers Vrystaat, toe Noordelike en nou ook Oostelike streeksinode samel fondse in om boere te help na veeverliese en veldskade weens verwoestende veldbrande onlangs  in dele van die Vrystaat en Noordwes.

Luidens Oostelike se jongste Familienuus-nuusbrief gaan hierdie streek “handevat met die NG Kerk in die Vrystaat” wat “geloofwaardige vennootskappe gevestig (het) met die georganiseerde landbou om die hulp te versprei”. 

Soos Kerkbode vroeër berig het, fokus ds De la Harpe le Roux, uitvoerende hoof van Vrystaat se Barmhartigheidsdiens wat hulle Hoopfonds behartig, tans op die voorsiening van brandstof sodat weiding wat deur mede-boere geskenk is, vervoer kan word na plase waar die nood is.

Geborg

Lees meer oor Oostelike Sinode se SinOosSeën-fonds (Artikel 18A-fonds) in die streek se jongste nuusbrief HIER.

Lees ook: Elders gelees: NG streeksinodes wil slagoffers van brande help

 


Scroll to Top

Ondersteun Kerkbode se joernalistieke projek

Ons redaksionele invalshoek is “Meer lig as hitte”. Ons hou jou op hoogte van kerknuus en bied ’n platform vir verhelderende lesersdeelname.
Teken in op ons weeklikse elektroniese nuusbrief of ondersteun ons werk vir so min as R20 per maand