Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2023

Algemene Sinode: Die registrasie van afgevaardigdes vind vanaf Sondag 15 Oktober 2023 om 14:00 tot 16:00 plaas by Birchwood Konferensiesentrum in Boksburg. Afgevaardigdes registreer by hulle onderskeie sinodes aan die hand van hulle geloofsbriewe. Afgevaardigdes ontvang naamkaartjies wat hulle deurgaans as identiteitskaartjies moet dra, luidens die agenda wat onlangs publiseer en uitgereik is. Foto: Kerkbode-argief (2019)

#AlgemeneSinode2023: Só lyk die agenda vir saamkoms van 15-20 Oktober


Te midde van konflik tussen lidmate en ’n mengelmoes van uitdagings in Suid-Afrika, sal afgevaardigdes “van die NG Kerk se 10 samestellende kerke” gevra word om te besin oor “ons gesamentlike identiteit en roeping, ekumeniese verhoudinge, publieke getuienis en die viering van ons onderlinge verbondenheid, ons eenheid en diversiteit,” skryf dr Gustav Claassen, algemene sekretaris van die NG Kerk, in ’n voorwoord tot die agenda van die agtiende vergadering van die Algemene Sinode. (Sien die volledige agenda onderaan dié berig.)

Afgevaardigdes by die Algemene Sinode in 2019. Foto’s: Le Roux Schoeman vir Kerkbode

Dit sitting sal van 15 tot 20 Oktober in Boksburg plaasvind – in die jaar nadat die Algemene Sinode 60 jaar oud geword het.

Maar “entoesiasme vir ’n algemene kerkverband is nie op dieselfde vlak as ’n dekade of wat terug nie,” skryf Claassen. Hy voeg by dat vrae oor die kerkverband en “die sinvolheid van” ’n algemene sinode temas is wat toenemend opduik. Nietemin bult die agenda van 404 blaaie met verslae oor die kerk se werksaamhede en beloof die saamtrek om groot belangstelling onder lidmate uit te lok.

Geborg

In Oktober 2019 het sowat 33 000 lesers altesaam 200 000 keer op Kerkbode se webwerf gekliek om meer te lees oor die besluite wat afgevaardigdes van regoor die land en Namibië by die sitting van die Algemene Sinode geneem het. Verreweg die meeste webverkeer was by die besluite, beriggewing en lesersbydraes rondom selfdegeslagverbintenisse.

Die openingsliturgie wat Sondagaand 15 Oktober vanjaar om 18:30 plaasvind, is die amptelike opening van die Algemene Sinode. Die geleentheid word gereël en aangebied deur die Ontwerpspan. Die prediker is prof. Nelus Niemandt van Hugenote Kollege, die afgevaardigde predikant met langste diens en oudste in jare. Foto: Kerkbode-argief (2019)

“Die besluite van (die vorige sinodesitting in) 2019 oor selfdegeslagverbintenisse (SGV’s) het nie oral byval gevind nie en verg steeds aandag en gesprek om beter begrip vir verskillende standpunte binne die kerkverband te bewerkstellig,” skryf Claassen in ’n kort voorwoord wat die “uitdagende konteks” waarbinne die NG Kerk tans staan, op die naam noem. “Die afgevaardigdes vergader … om aan die hand van die Woord en Belydenis, ter wille van die eer van die Here van die NG Kerk, haar roeping te vervul. Om hierdie rede vergader ons met oop Bybels in die teenwoordigheid van die Hoof van die Kerk. In hierdie geloofsonderskeidende prosesse gaan die vergadering onder leiding van die Gees luister na die Woord, na mekaar en na ander stemme (vergelyk Reglement 1.5).”

Die mees gelese inhoud op www.kerkbode.co.za tydens 2019 se Algemene Sinode was: 

Ds Nelis Janse van Rensburg, voorsitter van die Algemene Sinode, afgeneem in Oktober 2019.

AGENDA AS 2023 Elektronies (1)
  • Hierdie berig is ná publikasie bygewerk.

2 thoughts on “#AlgemeneSinode2023: Só lyk die agenda vir saamkoms van 15-20 Oktober”

Comments are closed.

Scroll to Top

Ondersteun Kerkbode se joernalistieke projek

Ons redaksionele invalshoek is “Meer lig as hitte”. Ons hou jou op hoogte van kerknuus en bied ’n platform vir verhelderende lesersdeelname.
Teken in op ons weeklikse elektroniese nuusbrief of ondersteun ons werk vir so min as R20 per maand