Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2023

In Randburg gaan die Fontaineblau Gemeenskapskerk ’n “doolhof zig-zag-roete” in die Tarlton township stap om die gemeenskap se storie beter te leer ken, vertel ds Schalk van Heerden. Hulle het hoedjies laat maak vir hulle #loopvirhoop-stap wat die Voortrekker Monument daarop het. Foto's: Verskaf

Só deel jy jou storie van #loopvirhoop op Erfenisnaweek


  • Daar is al 43 gemeentes wat deelneem aan dié nuutjie van Pelgrimstog van Hoop.
  • Só vertel jy julle storie: Deel jou gemeente of groep se stapfoto’s via sosiale media met hutsmerk #loopvirhoop en tag Kerkbode deur @kerkbode by te voeg in jou plasing. Dit laat ons toe om weer jou plasing verder te versprei.

Een van die gemeentes wat saamstap, is die VGK-gemeente Steinkopf in dorre Namakwaland. Paula Cloete van dié klein Noord-Kaapse gemeenskap laat weet hulle staptog van 10 km sal tussen twee grafte lê, dié van Duitse sendeling Ferdinand Brecher en ’n massakindergraf. “Tussen hierdie twee punte van dood lê ’n geskiedenis van hoop. Dit is die storie wat ons wil vertel,” lui die klein gemeente se #loopvirhoop-storie wat Pelgrimstog van Hoop onlangs ook op hulle Facebookblad gedeel het.

Vanuit die Paarl, waar ook die burgemeester en ’n aantal stadsraadslede wil saamstap, vertel ds Janneke Neethling vir Kerkbode hulle het besluit om roetemerkers weerskante van die Bergrivier op hulle Loop-vir-Hoop-staproete in te sluit omdat die rivier ’n tipe statusskeiding op die Bolandse dorp is, soos sy verduidelik: “Die skeiding in die dorp is baie letterlik en ons wil baie graag hierdie Loop-vir-Hoop gebruik om oor die rivier te stap na mekaar toe en saam met mekaar”.

In Randburg gaan die Fontaineblau Gemeenskapskerk ’n “doolhof zig-zag-roete” in die Tarlton township stap om die gemeenskap se storie beter te leer ken, vertel ds Schalk van Heerden. Hulle het hoedjies laat maak vir die stap wat die Voortrekker Monument daarop het.

Geborg

Dr Frederick Marais vertel só kry hulle boodskappe vanuit dorpe en stede van regoor die land soos mense laat weet hulle stap saam op Erfenisnaweek vir die Loop-vir-Hoop-projek. Daar is nou al 43 gemeenskappe wat staproetes van 5 km of langer stap, sê die stigter van die netwerk van staptogte wat as Pelgrimstog van Hoop bekend staan.

Die inisiatief is beplan rondom Erfenisdag, want dit is die dag waarop ons terugkyk op wat gebeur het in die verlede en terwyl ’n mens stap vertel jy vir mekaar julle stories, het Marais onlangs op RSG die idee met hierdie inisiatief verduidelik aan joernalis Lizelle de Bruin.

Hy het vertel dat mense uit verskillende kerke op Stellenbosch al vir drie jaar elke jaar so op Erfenisdag deur die historiese dorp en omgewing stap tot op Pniel, ’n naburige dorpie wat uit ’n nedersetting vir vrygesette slawe ontstaan het. Mense het vertel hierdie stapervaring gee hulle hoop en so het die idee ontstaan om dit na meer gemeenskappe uit te rol met die hoop dat dit ’n beweging regoor die land kan word, voeg Marais by.

Lees ook: Elders gelees: ‘Pelgrimstog van Hoop gaan oor heling’ – prof Thuli Madonsela wil 300km stap vir studente met studieskuld

Met net ’n paar weke oor is daar nog tyd vir kerke of groepe om te laat weet dat hulle ook wil deelneem. Marais se versoek is dat elke groep wat ’n Loop-vir-Hoop reël dit gratis registreer by Pelgrimstog van Hoop of hom WhatsApp by 083 380 1657 of e-pos by jfm@sun.ac.za. Sluit ook gerus die volgende hutsmerke in by foto’s en stories oor julle Loop vir Hoop: #stapvirhoop #pelgrimstogvirhoop

Kliek hier om die Loop vir Hoop-pdf af te laai.


Scroll to Top

Ondersteun Kerkbode se joernalistieke projek

Ons redaksionele invalshoek is “Meer lig as hitte”. Ons hou jou op hoogte van kerknuus en bied ’n platform vir verhelderende lesersdeelname.
Teken in op ons weeklikse elektroniese nuusbrief of ondersteun ons werk vir so min as R20 per maand