’n Invloedryke groep kerkleiers spits hulle met die oog op volgende jaar se verkiesing toe op die opvoeding en “mobilisering” van stemgeregtigdes om hulle stembriefies die werk te laat doen te midde van die land se konteks van hoë misdaad, lae voedselsekerheid en korrupsie.
“As churches we appeal to all denominations that no politician should have access to the pulpits in any of our churches in the lead up to the elections,” luidens ’n verklaring wat vroër vandeesmaand gespruit het uit die geledere van die National Church Leaders’ Consultation (NCLC). Sien die verklaring hieronder, wat aan lidmate van die Rooms Katolieke, Anglikaanse, Metodsite, Presbiteriaanse, NG en Lutherse Kerke versprei is.
Die interkerklike groep voeg by: “That no minister in any of our churches should offer their support for any particular political party.”
Die doel van kieseropvoeding is om diegene wat mag stem, maar vir welke rede nie stem nie, aan te moedig om wel hulle kruisie te gaan trek, meen dr Gustav Claassen, die algemene sekretaris van die NG Kerk.
In punt 4 van die verslag, stel die NCLC-leiers ’n praktiese lys van agt punte saam waaraan politieke kandidate getoets kan word oor als van deursigtigheid tot voedseltekort in arm gemeenskappe.
Claassen was tesame met ds Nelis Janse van Rensburg, van die ondertekenaars uit NG geledere. Hy dui ook op kerke se goeie kerkinfrastruktuur regoor die land en kerkleiers se ervaring met kieser-opvoeding. In ’n kort verslag oor die ekumeniese staamtrek skryf Claassen: “…More than half of South Africa’s eligible voters chose to abstain in the 2019 elections. Many of these voters may have preferred not to vote, but many may have wanted to but failed to identify a political home that resonated. In this regard voter education can help potential voters to identify a party of their choice which embraces certain values that can bring about change for a better South Africa … A person’s perception of their personal effectiveness in politics is referred to as a ‘sense of political efficacy’. It captures the individual’s subjective belief that one can influence the political process.” Claassen meen die klem met opvoeding moet veral val op stemgeregtigdes onder 35 jaar en fokus op onderwerpe wat met hulle resoneer, soos werkgeleenthede.
Luister ook: Onderhoud met NCLC
- Bron: via skakelbeampte.
- Hierdie artikel is ’n mediavrystelling of storie wat aan Kerkbode gestuur is. Dit is geredigeer vir lengte, maar basies gepubliseer soos dit ontvang is.
- Het jy nuus? Kontak ons gerus per WhatsApp by 072 149 1969 of e-pos: kerkbode@tydskrifte.co.za.
Bishop Dr Sithembele Sipuka National Church Leaders’ Statement on 2024 elections 2 11 2023