Sy vriend se dogtertjie, Zhara du Toit, praat van “haar berg” wat sy moet oor na sy aan die begin van die jaar met ’n rare soort kanker gediagnoseer is.
So vertel ds Fourie Rossouw van Strand-Noord in ’n selfgemaakte video wat VrydagNuus op 10 November gedeel het. Die moedige meisie het die Zhara’s Little Lamb-projek begin wat mense oor die land aan die brei en hekel gekry het om snoesige speelgoed te maak vir onkologie-afdelings reg oor die land.
Rossouw sê haar storie het hom van mismoedigheid gered toe hy uit sy eerste ultra-marathon moes onttrek. Hy beplan nou om op 25 November die 100 km RMB Ultra-trail Cape Town op Tafelberg te hardloop om fondse in te samel vir haar projek.
Kyk Rossouw se video deur HIER te kliek.
Lees meer HIER oor Zhara se projek om dit te kan ondersteun.
- Bron: VrydagNuus 10 November 2023.
- Hierdie artikel is ’n mediavrystelling of storie wat aan Kerkbode gestuur is. Dit is geredigeer vir lengte, maar basies gepubliseer soos dit ontvang is.
- Het jy nuus? Kontak ons gerus per WhatsApp by 072 149 1969 of e-pos: kerkbode@tydskrifte.co.za.