Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

Zhara du Toit het mense in die land aan die hekel en brei om speelgoed te maak wat kinders met kanker, soos sy, hoop kan gee. Foto: KaapKerk

Elders gesien: Kankerlyertjie se moed inspireer leraar om oor Tafelberg te hardloop


Sy vriend se dogtertjie, Zhara du Toit, praat van “haar berg” wat sy moet oor na sy aan die begin van die jaar met ’n rare soort kanker gediagnoseer is.

So vertel ds Fourie Rossouw van Strand-Noord in ’n selfgemaakte video wat VrydagNuus op 10 November gedeel het. Die moedige meisie het die Zhara’s Little Lamb-projek begin wat mense oor die land aan die brei en hekel gekry het om snoesige speelgoed te maak vir onkologie-afdelings reg oor die land. 

Rossouw sê haar storie het hom van mismoedigheid gered toe hy uit sy eerste ultra-marathon moes onttrek. Hy beplan nou om op 25 November die 100 km RMB Ultra-trail Cape Town op Tafelberg te hardloop om fondse in te samel vir haar projek.

Kyk Rossouw se video deur HIER te kliek.

Lees meer HIER oor Zhara se projek om dit te kan ondersteun.


  • Bron: VrydagNuus 10 November 2023.
  • Hierdie artikel is ’n mediavrystelling of storie wat aan Kerkbode gestuur is. Dit is geredigeer vir lengte, maar basies gepubliseer soos dit ontvang is.
  • Het jy nuus? Kontak ons gerus per WhatsApp by 072 149 1969 of e-pos: kerkbode@tydskrifte.co.za.

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Ondersteun Kerkbode se joernalistieke projek

Ons redaksionele invalshoek is “Meer lig as hitte”. Ons hou jou op hoogte van kerknuus en bied ’n platform vir verhelderende lesersdeelname.
Teken in op ons weeklikse elektroniese nuusbrief of ondersteun ons werk vir so min as R20 per maand

Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.