Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

Elders gesien: VGKSA veroordeel wreedheid teenoor burgerlikes in dodelike konflik


Die Algemene Sinodale Komitee (GSC) van die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suidelike Afrika (VGKSA) het in ’n onlangse verklaring hulle lidmate gevra om Sondag 3 Desember as ’n ‘Sondag in Swart’ te beskou.

LEES OOK: ‘Ons kyk met ’n swaar hart na die Heilige Land’ – WRK oor Israel-Hamas-oorlog

Die oproep volg in reaksie op die berigte van geweldige lewensverlies, veral van vroue en kinders, in die Israel-Palestynse oorlog. “Our church cries out in empathy, and unequivocally condemns the cruelty displayed on innocent civilians,” lui die verklaring uitgereik op 14 November 2023.

Geborg

Hierin word ook diep kommer uitgespreek oor Israel se besluit om toegang vir humanitêre hulp na Gasa te blokkeer.

Die komitee vra dat hulle lidmate sal bid vir ’n hartsverandering by leiers aan beide kante van die konflik sodat versoening kan plaasvind.

Die beroep aan lidmate is om op Sondag 3 Desember swart te dra en ’n kers aan te steek terwyl gebid word dat alle konflikte en oorloë mag eindig.

Sien volledige verklaring onderaan.

  • Bron: UCRSA GENERAL SYNOD se Facebookblad.
  • Hierdie artikel is ’n mediavrystelling of storie wat aan Kerkbode gestuur is. Dit is geredigeer vir lengte, maar basies gepubliseer soos dit ontvang is. 
  • Het jy nuus? Kontak ons gerus per Whatsapp by 072 149 1969 of e-pos: kerkbode@tydskrifte.co.za.
STATEMENT-ON-THE-WAR-BETWEEN-ISRAEL-AND-HAMAS-final

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Ondersteun Kerkbode se joernalistieke projek

Ons redaksionele invalshoek is “Meer lig as hitte”. Ons hou jou op hoogte van kerknuus en bied ’n platform vir verhelderende lesersdeelname.
Teken in op ons weeklikse elektroniese nuusbrief of ondersteun ons werk vir so min as R20 per maand

Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.

LUISTER - Kerkbode se weeklikse podsendings.