“We’re living in a time of real serious crisis. The world is in a mess,” so sê professor Jerry Pillay, Algemene Sekretaris van die Wêreldraad van Kerke wat vanaand (17:30) by Unisa se kampus in Pretoria ’n toespraak lewer getiteld, ‘A Christian voice in a world of conflict’.
Bywoning is oop vir enigeen of kan aanlyn gevolg word op Zoom by Zoom Link: https://zoom.us/join met Zoom Meeting ID: 81282335161.
Pillay het kortliks op SABC2 oor hierdie publieke praatjie gepraat saam met aartsbiskop Thabo Makgoba wat ook vanaand gehoor sal word. Die geleentheid word aangebied deur die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke in samewerking met Fohloza Foundation en Unisa.