Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Sluitingsdatum: 15 Januarie 2024.
Gemeenteprofiel:
Beaufort-wes is ’n plattelandse dorp geleë in die Karoo, in die Wes-Kaap. Die bedieningsterrein bestaan uit die twee gemeentes wat in kombinasie funksioneer. Beaufort-Wes het 340 belydende en 46 dooplidmate en Gamkavallei het 190 belydende en 62 dooplidmate. Byna al die besoekpunte is in die dorp, met enkele besoekpunte op plase.
Leraarsprofiel:
- Die geskikte kandidaat moet ’n gelegitimeerde predikant binne die NG Kerk wees.
- Alle ampstake soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde moet verrig word.
- Die geskikte kandidaat moet effektief binne die leefwêreld en konteks van ’n plattelandse gemeente kan funksioneer en bedien.
Die volgende is vir die gemeentes van Beaufort-Wes en Gamkavallei belangrik:
- Toepaslike ondervinding van vorige gemeente(s).
- ’n Geesvervulde, energieke, leraar wat oud en jonk passievol met die Woord kan bedien.
- Ondervinding van geestelike toerusting, kleingroepbediening, jeug en jongvolwassebediening.
- Missionale gerigtheid op die gemeenskap en verhoudingsbou met ander gemeentes.
Vergoeding: Die sinodale skaal word as riglyn gebruik tot en met vlak 10.
Diensaanvaarding: 1 Maart 2024(onderhandelbaar).
Aansoekproses:
Aansoeke moet vergesel word van ’n CV nie langer as drie bladsye nie asook die kontakbesonderhede van drie referente.
Van alle aansoekers sal verwag word om ’n toepaslike vraelys te voltooi wat u by die kerkkantoor moet aanvra en saam met u aansoek stuur na die skriba, Lynette Bergh, e-pos: ngkbeaufortwes@gmail.com teen 15 Januarie 2024, 12:00.
Navrae:
Voorsitter van die kerkraad: Mnr Jan Stadler, 082 336 2066.
Brugleraar: Ds Christo van Staden, 082 555 5442.
Die kerkraad behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie.