Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

NG George-Suid: Jeugwerk/Diensleraars

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.


Die gemeente van George-Suid nooi alle belangstellende jeugwerkers/diensleraars uit om aansoek te doen vir ’n pos by ons gemeente. Ons wil graag ’n gefokusde bediening vestig waardeur ons God se droom leer leef vir die bediening aan gesinne, kinders en jongmense in en deur ons gemeente.

Indien jy belangstel om aansoek te doen vir die pos vra ons dat jy vir ons ’n kort bekendstellingsvideo en CV met drie referente se kontakbesonderhede sal stuur.

Met jou aansoek, hou gerus in gedagte dat ons meer geïnteresseerd is in wie jy is en in wat jy ons kan help om te word met die gawes wat ons Here vir jou gegee het. Ons is nie so geïnteresseerd in wat jy alles kan doen en in wat jy ons alles kan laat doen nie.

In die oorweging van jou aansoek sal dit ons ook baie help as jy vir ons kan vertel hoe jou pad saam met die Here tans lyk en ook wat jy doen om jou verhouding met die drie-enige God verder te verdiep.

Vertel ook vir ons met vrymoedigheid van jou blindekolle en jou onvermoëns waarvan jy al bewus geword het. Ons soek juis nie ’n volmaakte mens nie, maar eerder iemand wat eerlik en opreg saam met ons voor die Here wil lewe.

Ons sal natuurlik ook graag wou weet watter ondervinding jy ten opsigte van jeugwerk het, maar dit is vir ons meer belangrik om te hoor hoe jy geloofsonderskeidend die wil van die Here soek. Dit is vir ons regtig belangrik dat jy ’n passie vir God en sy koninkryk het. Ons sal ook wou hoor hoe jy daarop sal fokus om ’n pad saam met kinders en jongmense (en hulle gesinne) te stap om hulle te begelei om ook hulle eie plek in God se koninkryk te ontdek.

Die sluitingsdatum vir aansoeke is Vrydag 19 Januarie 2024 en aansoeke kan gestuur word na die volgende e-posadres: admin@nggeorgesuid.co.za

Ons sal van ons kant af elke aansoek deeglik en met die grootste vertroulikheid oorweeg en beplan om op die laatste teen 26 Januarie 2024 met jou kontak te maak en dalk ook te nooi vir ’n onderhoud. Die vergoedingspakket en datum vir diensaanvaarding sal met die geskikte kandidaat onderhandel word.

Ons sal jou graag materieel versorg deur ’n billike pakket, met inaggenome jou ondervinding en uiteindelike verantwoordelikhede. Ons is ook bereid om na jou behoeftes te luister en daaroor te onderhandel.

Indien jy meer inligting verlang is jy welkom om vir ds Johann Winterbach by 082 469 9087 te kontak.


Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Ondersteun Kerkbode se joernalistieke projek

Ons redaksionele invalshoek is “Meer lig as hitte”. Ons hou jou op hoogte van kerknuus en bied ’n platform vir verhelderende lesersdeelname.
Teken in op ons weeklikse elektroniese nuusbrief of ondersteun ons werk vir so min as R20 per maand

Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.

LUISTER - Kerkbode se weeklikse podsendings.