Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

Amptelike Nuus – 1 Desember 2023


BEROEP

Ds CA (Corné) Burger van Louis Trichardt na Jan Kempdorp (dolerend); dr AL (Auke) Compaan na Ligbaken; prop JPA (Albert) Jooste na Rynfield.

AANVAAR

Geborg

Dr AL (Auke) Compaan (beroepbaar) na Ligbaken; ds Marco Koch van Tulbagh na Tygerpoort; ds JJ (Jac) Pienaar van Potchefstroom-Wes na Garsfontein; prop SJ (Stefan) Roos na Sunwardpark; ds CF van der Linde van Vryburg-Wes na Hennenman.

NOORD-KAAPLAND

BEROEP

Die NG Kerk Jan Kempdorp (dolerend) het op ’n kerkraadsvergadering van 30 November 2023 besluit om ds Cornelius Andries (Corné) Burger vanaf Louis Trichardt te beroep. (Pauline du Preez, Skriba van NG Jan Kempdorp, 01/12/2023).

VRYSTAAT

AANVAAR

Ds CF van der Linde van NG gemeente Vryburg-Wes het die beroep as voltydse leraar na NG gemeente Hennenman aanvaar. (Carla Kok, Skriba, 30.11.2023). 

Geborg

NOORDELIKE

AANVAAR

Op 24 Oktober het ds Jac Pienaar van Potchefstroom-Wes die beroep aanvaar na NG Gemeente Garsfontein. Sy bevestiging sal op 3 Desember plaasvind. (Natascha de Jager, Administrasie / Registerhouer, 21.11.2023).

HOËVELD

BEROEP

Na afloop van ’n beroepingsvergadering op 22 November 2023, het NG Gemeente Rynfield vir proponent Jacobus Petrus Albertus Jooste (Albert) as diensleraar beroep. (Riana, Kerkkantoor, 24.11.2023).

Op ’n kerkraadsvergadering gehou op 14 November 2023 is dr Auke Compaan beroep na Ligbaken Gemeente. (Jan Gouws, Gemeentebestuurder: Ligbaken Gemeente, 28.11.2023).

Geborg

AANVAAR

Proponent Stefan Johannes Roos het die beroep by Sunwardpark Gemeenskapskerk aanvaar met ingang vanaf 1 Januarie 2024. Sy ordening en bevestiging as medeleraar geskied op Sondag 28 Januarie 2024 met handoplegging. (Christa Laing, Admin Bestuurder, 29.11.2023).

Dit is met groot dankbaarheid in Christus dat ons julle in kennis stel dat dr Auke Compaan die beroep na Ligbaken Gemeente aanvaar het. Sy bevestiging en intreepreek vind plaas op Sondag 21 Januarie 2024. (Jan Gouws, Gemeentebestuurder: Ligbaken Gemeente, 28.11.2023).

OOSTELIKE

AANVAAR

Ds Marco Koch van NG Gemeente Tulbagh het die beroep na NG Gemeente Tygerpoort aanvaar (Riana de Wet, Persoonlike Assistent: Dr Zander van der Westhuizen, 28.11.2023).

EMERITAAT

Geborg

Die uitvoerende amptenaar van Oostelike Sinode, ds FJ (Francois) Retief, het geëmeriteer op 30 November 2023. ’n Akte van Emeritaat is deur die Ring van Silverpark uitgereik. Die Sinodale Diensraad van Oostelike Sinode het ds Retief vir ’n verdere twee jaar in ’n vastetermynkontrak aangestel. (Dr Tertius Erasmus, Voorsitter Sinodale Diensraad Oostelike Sinode, 29.11.2023).

* Die berig is aangepas na publikasie.


Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Ondersteun Kerkbode se joernalistieke projek

Ons redaksionele invalshoek is “Meer lig as hitte”. Ons hou jou op hoogte van kerknuus en bied ’n platform vir verhelderende lesersdeelname.
Teken in op ons weeklikse elektroniese nuusbrief of ondersteun ons werk vir so min as R20 per maand

Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.

LUISTER - Kerkbode se weeklikse podsendings.