Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

Behalwe vir pragtige musiek en 'n weldeurdagte program, is almal wat betrokke was diep onder die indruk van die wonder van samewerking, vertel ds Elmarie Dercksen ná NG Gemeentes Bloubergstrand en Melkbosstrand hul kerssangdienste gesamentlik hou. Foto's: Ansurette Pretorius en Chriss Beukes.

Elders gesien: Gemeentes getuig: ‘Ons lof aan God kom uit een mond’


Op 26 November het die NG Gemeentes Bloubergstrand en Melkbosstrand geskiedenis gemaak deur vir die eerste keer hul kerssangdienste gesamentlik te hou. Identiese dienste is die oggend en aand herhaal vir stampvol kerke, vertel ds. Elmarie Dercksen. Ansurette Pretorius en Chriss Beukes het die foto’s geneem. 

Lidmate van beide gemeentes (die geboue is ongeveer 10km van mekaar, al is dit in verskillende dorpe) het weke lank geoefen aan vokale musiek vir die koor wat hulself die Bloumelkies noem. Die orkes van Melkbosstrand – genaamd Bosbrand – het saamgespan met Salomé van Wyk, Blouberg se orrelis, om die gemeentesang te lei en begelei. Voorlesers uit beide gemeentes het deelgeneem, en selfs die leraars was betrokke: ds. Faani Engelbrecht as orkesleier, ds. Elmarie Dercksen as koorleier, ds. Thinus Brits met Woordverkondiging en ds. Albertus Louw as koorlid! (Ds. Stefan de Klerk moes die fort hou as prediker in die aanddiens.) 

Behalwe vir pragtige musiek en ’n weldeurdagte program, is almal wat betrokke was diep onder die indruk van die wonder van samewerking. Een deelnemer getuig dat dit duidelik is dat die Here wil hê ons moet een wees, al is ons verskillend en al stem ons nie oor alles saam nie. Ons lof aan God kom uit een mond. Daar is sommer ’n atmosfeer van gemeenskaplikheid in die lug, en almal sien uit na grootse gesamentlike projekte in die toekoms! 

Dercksen is leraar by https://ngkbloubergstrand.co.za/

Geborg

 


 

  • Bron: Via gemeente.
  • Hierdie artikel is aan Kerkbode gestuur. Dit is geredigeer vir lengte, maar basies gepubliseer soos dit ontvang is. 
  • Het jy nuus? Kontak ons gerus per Whatsapp by 072 149 1969 of e-pos: kerkbode@tydskrifte.co.za.

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Ondersteun Kerkbode se joernalistieke projek

Ons redaksionele invalshoek is “Meer lig as hitte”. Ons hou jou op hoogte van kerknuus en bied ’n platform vir verhelderende lesersdeelname.
Teken in op ons weeklikse elektroniese nuusbrief of ondersteun ons werk vir so min as R20 per maand

Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.

LUISTER - Kerkbode se weeklikse podsendings.