Die Netwerk vir Spirituele Begeleiding bied vanjaar ’n gratis, kwartaallikse aanlyn reeks getiteld “Ontmoeting met Heiliges” aan onder leiding van dr Lisel Joubert.
“Die afgelope tyd is daar wêreldwyd ’n toenemende belangstelling in die sogenaamde heiliges’ van die vroeë kerk en Middeleeue,” berig NG Kerk Vrystaat vandeesweek. “(Heiliges) was individue wat ’n diep-persoonlike en direkte ervaring van God gesoek het en dikwels meer waarde aan persoonlike ervaring as aan formele teologiese leerstellings geheg het. Dr Lisel Joubert, verbonde aan die Departement Sistematiese Teologie en Ekklesiologie van die Fakulteit Teologie by die Universiteit Stellenbosch, het verlede jaar met ’n aanbieding oor Hildegard von Bingen ons aandag op dié groep Christene gevestig.”
Lees ’n onderhoud met Joubert HIER.
Bespreek HIER vir die reeks.
Lees ook: Gesprek met Lisel Joubert: Kerkwees gaan oor ‘gedeelde gebrokenheid’
- Bron: https://www.ngkerkvrystaat.co.za/ontmoeting-met-heiliges/
- Hierdie artikel is ’n mediavrystelling of storie wat aan Kerkbode gestuur is. Dit is geredigeer vir lengte, maar basies gepubliseer soos dit ontvang is.
- Het jy nuus? Kontak ons gerus per Whatsapp by 072 149 1969 of e-pos: kerkbode@tydskrifte.co.za.