Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

NG Gemeente Hopetown (Noord-Kaap): Jeugwerker

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.


NG Gemeente Hopetown (Noord-Kaap) beskik oor die volgende vakante pos: 

Jeugwerker (Tydperk van een jaar met die opsie om te verleng)

NG Gemeente Hopetown is op soek na ’n energieke en dinamiese persoon met ’n liefde en passie vir die jeug, wat die jeug kan bedien in kerk- en skoolverband.

Die oorhoofse doel van die pos is die totale geestelike versorging en bediening van die jeug. Die pos is in samewerking met die plaaslike skool en NG gemeente. Daar word van die kandidaat verwag om by alle aspekte rakende die jeug betrokke te raak en sekere funksies met betrekking tot jeug by die skool en kerk te verrig.

NG Hopetown is ’n plattelandse gemeente in die Noord-Kaap langs die Oranjerivier, met ongeveer 450 belydende lidmate en 150 dooplidmate. Hopetown het ’n dinamiese gekombineerde hoër- en laerskool met ’n koshuis wat die omliggende dorpe bedien. Koshuisverblyf is ’n moontlikheid.

Die kandiaat moet aan die volgende vereistes voldoen:

  • Moet ’n liefde en passie vir die Here, sy kerk en spesifiek vir die NG Kerk hê. 
  • Iemand wat jongmense kan toerus en mobiliseer as gestuurdes na die wêreld. 
  • Iemand wat jongmense verstaan en hulle geestelike en emosionele behoeftes kan bedien. 
  • Toepaslike kwalifikasie en/of ondervinding in die jeugbediening. 
  • Goeie menseverhoudinge en kommunikasievaardighede.
  • Moet as rolmodel dien vir junior en senior jeug.

Ons nooi alle jeugwerkers, diensleraars met jeug as spesialiteit en proponente wat graag met die jeug wil werk, om aansoek te doen. Aansoekers onder 40 jaar sal voorkeur geniet.

Mededingende vergoedingspakket sal aangebied word, met inagneming van opleiding en ondervinding. Koshuisverblyf is ’n moontlikheid. Kandidaat moet beskikbaar wees vir moontlike psigometriese toetsing.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 14 Februarie 2024.

Aansoek: Voorsien ’n volledige CV met afskrif van kwalifikasies.

Navrae: Mariska Rossouw (gemeentebestuurder) 079 555 3174.

               Ds Thabo Pienaar 083 349 6588.

               nghopetown@telkomsa.net of admin@nghopetown.co.za

(Aanvaar u aansoek as onsuksesvol indien ons u nie binne 14 dae na sluitingsdatum kontak nie.)

Die gemeente behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie.


Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Ondersteun Kerkbode se joernalistieke projek

Ons redaksionele invalshoek is “Meer lig as hitte”. Ons hou jou op hoogte van kerknuus en bied ’n platform vir verhelderende lesersdeelname.
Teken in op ons weeklikse elektroniese nuusbrief of ondersteun ons werk vir so min as R20 per maand

Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.

LUISTER - Kerkbode se weeklikse podsendings.