In dié podsending uit die groeiende aanbod van luisterstof by KAAPKERK se podsending-afdeling, gesels ds. Melanie Thirion oor haar ervaring met uitbranding in die bediening en dr. Siegfried Louw help luisteraars hierna kyk deur die bril van spiritualiteit. Dr. George Roux. ‘n sielkundige met ‘n passie vir pastorale sorg en terapie, neem ook deel. Hy reflekteer in hierdie episode op die dieper dinamika van uitbranding en selfsorg, verduidelik die aanbieder, DJ Muller.
Nog luisterstof is dié Vlog (video + blog) Ons vir jou, aangebied deur leraars Rudi Swanepoel en Ivor oor die Bybel. Ons vir Jou: Rudi Swanepoel en Ivor Swartz gesels oor kerksake, geloofstories, menswees en hoop.
Nuusbrief: Bly op hoogte
Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.