Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

Die visuele kunstenaar Halima Aziz het die kunswerk vir 2024 se Wêreldbiddag vir Vroue gemaak. Dit stel drie Palestynse vroue voor wat saambid in ’n vreedsame plek in die natuur. Foto: Verskaf

Elders gesien: Palestina kies ‘Verdra mekaar in liefde’ as tema vir biddag


‘Ek dring aan … verdra mekaar in liefde.”

Hierdie teks uit Ef 4:1-13 is die tema waaroor miljoene Christene wêreldwyd gevra word om saam te bid tydens die ekumeniese Wêreldbiddag vir Vroue wat vanjaar val op Vrydag 1 Maart. Die vroue van Palestina se Wêreldbiddagkomitee het die tema gekies. 

Dit is die tweede keer wat kleine Palestina in die Midde-Ooste gevra word om ’n program voor te berei vir hierdie biddag wat jaarliks gelowiges uit 175 lande saambind in ’n gebedsketting op die eerste Vrydag van Maart.

Geborg

Die tema word elke jaar deur vroue van verskillende lande gekies. Die Palestynse vroue het 30 jaar gelede ook ’n program voorberei met die tema: “Gaan, Kyk en Doen”. Vanjaar is hierdie land se vroue weer genooi om ’n program saam te stel. Palestina se betrokkenheid by die Wêreldbiddag gee Palestynse vroue die geleentheid om brûe na meer as 100 lande regoor die wêreld te bou.

Kry die volledige program en riglyne hier. Vir die program in Afrikaans sien onderaan.

Het jy dit geweet van Palestina?

Hierdie klein plekkie in die Midde-Oos is baie betekenisvol vir drie monoteïstiese godsdienste: die Judaïsme, Christendom en Islam. Vir meer as 3000 jaar word hierdie streek al bewoon en oor baklei (Babiloniers, Grieke, Romeine ens). Vandag woon daar ongeveer 5 miljoen Palestyne in Palestina en Israel. Die meerderheid Palestyne is Moslems en daar is ongeveer 2% Palestynse Christene.

Die land het in die 1950’s betrokke geraak by die internasionale Wêreldbiddag. Sally Azar is onlangs as die eerste Palestynse vroue-pastoor georden. 

Bronne: Familienuus #449, 31 Januarie 2024; worlddayofprayer.net

2024-PROGRAM-Afrikaans

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Ondersteun Kerkbode se joernalistieke projek

Ons redaksionele invalshoek is “Meer lig as hitte”. Ons hou jou op hoogte van kerknuus en bied ’n platform vir verhelderende lesersdeelname.
Teken in op ons weeklikse elektroniese nuusbrief of ondersteun ons werk vir so min as R20 per maand

Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.

LUISTER - Kerkbode se weeklikse podsendings.