Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

Elders gesien: Tom Smith neem leisels oor by Excelsus


Dr Tom Smith is benoem as die hoof van Excelsus. Hy sal dus voortgesette bedieningsontwikkeling as verantwoordelikheid hê. Die twee weke van approbasie soos deur die Kerkorde veronderstel word strek tot 23 Februarie 2024, volgens ds Hannes Windell, sinodale bestuurder: Hoëveld Sinode.

Smith volg dr André Bartlett op.

​Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) inisieer en organiseer programme, kursusse en konferensies wat gerig is op die ontwikkeling van die volgehoue bedieningsvaardigheid van predikante, volgens Excelsus.org.  “Ons fokus is om in die proses van bedieningsontwikkeling ’n sinvolle skakel tussen gemeentes en die Fakulteit Teologie by die Universiteit van Pretoria te kan wees.

Geborg

Uit die Kerkbode-argief (Februarie 2020)

Luister HIER: na Jaco Strydom se podsending: “’n Chat met Tom Smith wat Raw Spirituality geskryf het, oor Suid-Afrika en rykdom en armoede en die sondes van kerkmense en sy eie persoonlike worstelinge en dinge wat hom opgewonde maak en sy terugkeer na die NG Kerk . . .  Meer wat Tom doen: www.rhythmoflife.co.za”

 

 


Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Ondersteun Kerkbode se joernalistieke projek

Ons redaksionele invalshoek is “Meer lig as hitte”. Ons hou jou op hoogte van kerknuus en bied ’n platform vir verhelderende lesersdeelname.
Teken in op ons weeklikse elektroniese nuusbrief of ondersteun ons werk vir so min as R20 per maand

Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.

LUISTER - Kerkbode se weeklikse podsendings.