Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

Skoolhoof Betsi Schoeman van Riebeeckstad Hoërskool in Welkom - ’n gemeenskap wat die week in rou gelaat is na ses gr 8-leerders in ’n busongeluk dood is. Foto: Facebook/Free State Provincial Government

Vrystaat: Gemeenskap in pyn ná busongeluk jong lewens eis


“Dit was twee stukkende stukkende dae” … Só reageer ds Christo Nel onlangs by navraag oor die impak van die dood van ses hoërskoolmeisies van Welkom, waar hy leraar is.

Die ses is op 6 Februarie dood toe die bus waarop ’n groep hoërskoolkinders en twee onderwysers was, na berig word, op die R70-pad tussen Senekal en Ventersburg omgeslaan het.

Die ongeluk het plaasgevind ná die kinders ’n skoolkamp in die Oos-Vrystaat bygewoon het. Ds Nel en sy vrou Hannetjie is die gemeenteleraarspaar van NG Gemeente Riebeeckstad. Hulle het saam met ds Shaun Darker, berader by Riebeeckstad Hoërskool die kamp meegemaak. Beseerde kinders en van die onderwysers moes ná die ongeluk in hospitale in die omliggende dorpe opgeneem word.

Ouers en skoolkinders vertroos mekaar by Riebeeckstad Hoërskool. Foto: Facebook/Free State Provincial Government

Die hartseer gebeure het mense landwyd diep geraak. Die hartseer gebeure het mense landwyd diep geraak. ‘n Afvaardiging van die Vrystaatse regering het die meisies se skool Riebeeckstad Hoërskool besoek waar skoolhoof Betsi Schoeman hulle te woord gestaan het.

Sinode Vrystaat het op sosiale media voorbidding gevra en meegevoel uitgespreek.

Van die omliggende dorpe se skole het ook boodskappe van medelye op sosiale media geplaas. Bothaville Hoërskool se leerders het blou en geel aangetrek terwyl ander boodskappe gedeel het soos hierdie een van die plaasskooltjie Buhrmansdrif in Noordwes:

“Vandag wil ons as Laerskool Buhrmansdrif en die gemeenskap, ons innige simpatie uitspreek aan die ouers, skoolhoof en leerlinge van Hoërskool Riebeeckstad. Mag julle toegevou word in ons Hemelse Vader se vertroostende Hande.”

  • Die berig is aangepas na dit verskyn het. 

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.