Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

Luister saam: Van trane na hoop (Kerkbode Kollig Episode 1)



Kerkbode Kollig is ’n nuwe saamluisterprojek. Dit bestaan uit weeklikse podsendings gevul met insetsels oor kerknuus, geloofstories en gesprekke om jou in te lig, te laat nadink en te inspireer.
Elke Sondag word ’n nuwe episode op Kerkbode se webblad gelaai. Die Kerkbode-toepassing op jou selfoon sal vir jou ’n kennisgewing stuur wanneer dit gereed is.
In hierdie eerste episode van Kerkbode Kollig, gesels ons met:

  • Ds Christo Nel van Welkom wat vertel van die hartseer, maar ook verstommende ondersteuning wat hulle as gemeenskap ervaar het na ’n onlangse busongeluk waarin ses tieners dood is.

Lees meer: Vrystaat: Gemeenskap in pyn ná busongeluk jong lewens eis

  • Die nuwe moderator van die Wes-Kaapse Sinode, ds Marinus Theron, deel ’n paar gedagtes oor gemeentes se uitdaging met roeping.

Luister en lees meer: Oggend met moderator van die Sinode van Wes-Kaapland: ‘Moenie van fun vergeet nie’

  • Die Stellenbosse teoloog en skrywer, prof Cas Wepener, vertel waaroor die boek, Lamenting for change: Worship and preaching for social impact, Resources for a season of lament in service of hope gaan wat hy saam met sy kollega uit die VGK, dr Dawid Mouton, saamgestel het vir gemeentes se gebruik tydens Lydenstyd.

Luister meer:

Bestel die boek hier.
Jy kan ook na die Kerkbode Kollig podsending luister op die volgende platforms: Spotify en Apple Podcasts


Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.