Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

‘Neem tyd en wees versigtig’: Jan Lubbe oor kerkverband en kerkskeuring


’n Aantal beswaarde kerkrade en een ring van die NG Kerk het sedert die vergadering van die Algemene Sinode in Oktober verlede jaar ’n “Akte van Opskorting” aan hul ringe, sinodes en die Algemene Sinode gestuur, luidens ’n verslag wat ds Jan Lubbe die afgelope week in Benoni by die vergadering van die Algemene Sinode Moderamen (ASM) ter tafel gelê het.

Hierdie stap het kerkleiers genoop om regsmenings in te win “insake die opskorting van kerkverband”. Die regsmenings is vervat in ’n verslag deur die Algemene Taakspan Regte (ATR) wat hier gepubliseer word onderaan ’n kort video-onderhoud met Lubbe, die voorsitter van die ASM.

VERSLAG ATR – regsadvies 27 Feb.docx

 


Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

7 thoughts on “‘Neem tyd en wees versigtig’: Jan Lubbe oor kerkverband en kerkskeuring”

  1. Johannes Rossouw

    INSAKE ASM OOR AKTE VAN OPSKORTING:
    Wat in ons kerk gebeur is besig om in baie kerke te gebeur in baie lande: bv die Baptiste kerk in Amerika. So ook die Anglikane en Metodiste. Kan die Kerkbode bietjie daaroor verslag doen. Miskien kan ons by hulle gaan leer.

  2. Bernhard Ficker

    Die algemene sinode het n Nuwe gebruikswoord daargestel, naamlik vasgelooptheid. Nie net was daar n kop teen kop botsing toe die sienswyses van regsinnige en vrysinnige teoloe en lidmate vasgelopendheid veroorsaak het nie, maar die vrysinniges het hulle tromp op vasgeloop teen die rots van Bybelse Waarheid. Is die NGK-huis ruim genoeg sodat broers en susters wat totaal teen mekaar vasgeloop het nog daarin produktief kan saam leef?

  3. Die metode van opskorting van aktes is reeds in die hof getoets toe die Hervormde Kerk die Geloofsbond van Hervormde Gemeentes in Maart 2022 hof toe geneem het. Die Geloofsbond was suksesvol en het die weg gebaan vir diegene wat nie die kerk wil verlaat nie, maar ook nie met elke vergadering vas wil loop in die mense wat nou elke byledenisskrif op twee maniere wil interpreteer nie. Die opskorting van aktes is dus ‘n geldige metode om die on-unieke vasgelopenheid te hanteer.

  4. Frederick Schroeder

    Rome brand terwyl ons stry oor Bybelinterpretasie! Ons lidmate krepeer, word verarm en vermoor maar ons spandeer sinode na sinode om mekaar sleg te sê en aan te val oor Bybelinterpretasie! Dalk moet ons wakker word en ons lidmate hoor. Elkeen wil egter sy eie sienswyse op lidmate afdwing en etikette om mense hang.

    1. Riaan van Niekerk

      stem 100% saam. Dalk moet die Kerk bietjie minder die Wêreld gelukkig hou en meer fokus op God en Sy wil, nie mens sin nie!! Voel vir my mens wil vir God kom sê hoe die vlieer moet vlieg… klink baie soos dieToring van Baal “History repeating itself?” Tans word daar kerk kerk gespeel? Ons Ds. het skielik nie tyd vir ons nie want hulle is te besig…. maar die kerk is dan leeg hoe dan nou? Besig met wat? Wat is anders van Ds. wees 30 jaar terug? Ek sien meer afgetrede Ds. by ons kerk hou as ons eie aangestelde Ds. ??

  5. Hanje Bekker

    Ek wil weet waar is die Here in al hierdie regsgedinge en sinodes uitsprake. Is God nog sentraal . Gaan dit oor Jesus of gaan dit oor issues. Ons het die kern van die evangelie verloor. Verligtes en doloreerendes is besig met niks. Mag julle betyds tot besinning kom. Ons land is in chaos en plaas dat die kerk die rigtingwyser moet wees is hy ook in chaos gedompel.

Comments are closed.

Scroll to Top

Ondersteun Kerkbode se joernalistieke projek

Ons redaksionele invalshoek is “Meer lig as hitte”. Ons hou jou op hoogte van kerknuus en bied ’n platform vir verhelderende lesersdeelname.
Teken in op ons weeklikse elektroniese nuusbrief of ondersteun ons werk vir so min as R20 per maand

Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.